
Cosatu, internasionale vakbonde vra demokrasie in Eswatini
Loading player...
Cosatu sê hy het by miljoene werkers en mense reg oor die wêreld aangesluit om vir 'n demokratiese bestel in Eswatini te vra. Dis vandag die 52ste herdenking van die 1973-dekreet wat politieke partye verban en amptelik alle politieke aktiwiteit in die land verbied. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die vakverbond herdenk 12 April as die dag waarop die monargie deur die omstrede 1973-koningsdekreet Swazi-mense se stemme stilgemaak en alle mag in homself gevestig het.