
George-gebou: Cosatu is bly oor belofte oor aanspreeklikheid
Loading player...
Cosatu verwelkom die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, se belofte dat mense wat die nuwe Wet op Behuisingsbeskerming oortree, streng vervolging en strawwe kan verwag. Die wet is in Januarie bekragtig. Simelane het die Nasionale Huisbouers-registrasieraad se verslag oor die George-gebou wat in Mei 2024 ingestort en 34 lewens geëis en 28 beseer het, bekendgemaak. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê gesondheid- en veiligheidsregulasies soos deur die Nasionale Bouregulasie voorgeskryf word, is ook oortree: