
Deposito-waarborgowerheid beskerm jou
Loading player...
Die Namibië Deposito-waarborgowerheid, NDGA, het sy jaarverslag vrygestel. Die owerheid is 'n openbare instelling wat die Deposito-waarborgskema en NDGA-fonds bestuur en administreer. Die skema is daarop gemik om deposante te beskerm in geval van bankmislukkings. Die uitvoerende direkteur van finansies, Michael Humavindo, het die hooftoespraak by die vrystelling namens finansminister Ericah Shafudah gelewer. Hy het meer inligting oor die skema gegee.