Slaggate kan straks ‘n gat in die beursie stop

Loading player...
Die deurwinterde ekonoom dr. John Steytler het ‘n blink plan vir werkskepping. Die vrywilligers wat tans slaggate in die hoofstad regmaak in ruil vir skenkings van motoriste, bied ‘n hupstoot aan die voetsoolvlak ekonomie. In sy mening moet die herstel van paaie ‘n gemeenskapsgebaseerde benadering neem om werklose jeug op te lei om die paaie te herstel. Hy verduidelik.
14 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Netanhayu: 'Israel sal aanhou veg'

Die eerste minister van Israel Benjamin Netanyahu het die land se weermag beopdrag om druk op Hamas te verskerp nadat die Palestynse militante groep 'n tydelike wapenstilstandsvoorstel verwerp het. In ‘n televisie-uitsending Saterdag het Netanyahu gesê dat hoewel oorlog 'n duur prys meegebring het, Israel geen ander keuse het as…
20 Apr 2AM 1 min

Pastoor Brian Philander bring Paasboodskap

Terwyl Paasnaweek landwyd gevier word, word ons herinner om nie die ware boodskap van Paasfees te vergeet nie. Dit is die wederopstanding van Jesus Christus na hy vir ons sondes gesterf het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met pastoor Brian Philander gepraat wat 'n Paasfeesboodskap met luisteraars deel.
20 Apr 1AM 2 min

Aanlyn inkopies toenemend kuberboewe se teiken

Kenners waarsku dat bankkaart-bedrogsindikate toeneem en niksvermoedende verbruikers teiken. Misdadigers gebruik kubermisdaad om toegang tot persoonlike data en bankrekeninge te verkry. World Wide Worx moedig reisigers en kopers aan om waaksaam te bly aangesien bedrieërs aanlyn inkopiegewoontes uitbuit. Athaly Khan van Standard Bank, het gewaarsku teen vals advertensies oor aanlyn…
20 Apr 12AM 1 min

AfriForum Jeug eis deursigtigheid oor beweerde sangoma-seremonie

AfriForum Jeug eis toegang tot die Noordwes-Universiteit se volledige ondersoekverslag oor die ontwrigting in die Eikenhof-vrouekoshuis verlede Sondag. Dit volg ná bewerings van 'n sangoma-seremonie in die koshuis, met studente wat ontstellende gille gerapporteer het. Die universiteit het intussen die bewering ontken, maar Yvonne Gerber van AfriForum vra egter 'n…
19 Apr 5AM 1 min

Kragopwekkers moet geregistreer word, sê CoW

Die Stad Windhoek het aangekondig dat alle ingeboude kragopwekkers geregistreer moet word, insluitend bystandopwekkers en sonkrag-fotovoltaïse stelsels. Die verpligte proses is om veiligheid te verseker, onstabiliteit in die kragnetwerk te voorkom en toerusting te beskerm. Kragopwekkers bo 500 kilovolt-ampere moet ook ingevolge die Elektrisiteitswet 'n opwekkingslisensie indien. Kosmos 94.1 Nuus…
19 Apr 5AM 1 min