‘Passie en fokus nodig vir sukses’ – Johann Krige

Loading player...
Johann Krige, mede-eienaar van Kanonkop, een van die voorste Suid-Afrikaanse wynplase, glo hulle verkoop nie wyn nie, maar ’n leefstyl.

In sy gesprek met Johan Beukes sê hy ’n mens moenie die wiel probeer herontwerp nie, maar doen dít waarmee jy goed is.

In die episode sal jy meer hoor oor:
• passie en toewyding;
• om vrede te maak met wat jy het;
• die sewe vet jare en die sewe maer jare;
• hoe om met mense te werk; en
• hoe hy afskakel en herlaai.
18 Apr 2025 Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Landboumark Voorslag: Episode 11 - Barnard Mohair

In episode 11 van Landboumark Voorslag hoor ons van Louise Cameron, die tweedegeslag-eienaar van Barnard Mohair, ’n familie-onderneming wat al byna ses dekades luukse sybokhaarprodukte in die Oos-Kaapse dorp Alicedale vervaardig. Sy vertel hoe die passie vir tekstiel van haar pa, Jan-Paul Barnard, ’n onwaarskynlike pionier in die sybokhaarbedryf, gelei…
14 Sep 23 min

Landboumark Voorslag: Episode 10 - AgriTrekker

In die tiende episode van Landboumark Voorslag hoor ons van Rheeder Brand, ʼn 21-jarige derdejaarstudent in datawetenskap aan die Universiteit Stellenbosch en een van die drie jong entrepreneurs wat AgriTrekker geskep het. Wat as ʼn eenvoudige Excel-programmetjie op ʼn plaas begin het, het ontwikkel tot ʼn digitale diesel- en plaasbestuurstelsel…
7 Sep 12 min

Landboumark Voorslag: Episode 9 - Save the Sheep

Episode 9 van Landboumark Voorslag vertel die verhaal van Save the Sheep. Wat in 2017 met ’n enkele gehekelde skapie deur Sybil Visagie begin het, het gegroei tot ’n beweging wat vroue regoor die Karoo bemagtig om inkomste te verdien, selfstandig te word en hul gemeenskappe te versterk – sonder…
31 Aug 21 min

Landboumark Voorslag: Episode 8 - The Bee Shop Bloemfontein

In Episode 8 van Landboumark Voorslag gesels ons met Kenneth Nel van The Bee Shop Bloemfontein oor sy passie vir byeboerdery, hoe covid-19 die begin van sy onderneming geword het en waarom opleiding die sleutel tot sukses is. Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan…
24 Aug 13 min

Landboumark Voorslag: Episode 7 - Uit die Dop

In die sewende episode van Landboumark Voorslag ontmoet ons Lizaan Bradfield, die boervrou wat van oorskotproduksie op hul plaas ՚n onderneming opgebou het – een pekanneuttertjie op ՚n slag. Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas…
17 Aug 8 min