
Drie leeus in Mpumalanga steeds op vrye voet
Loading player...
Wildbewaarders in Mpumalanga het een van die vier leeus wat verlede Sondag uit die Krugerwildtuin ontsnap het gevang. Die leeumannetjie is in Huntington opgespoor en is tans in die sorg van die Mpumalanga-toerisme en parke-agentskap. Drie leeus is steeds weg, en word tans in nabygeleë dorpe gesoek. Simphiwe Shungube van die agentskap het inwoners versoek om nie die diere te nader nie en dit onmiddelik aan te meld as die diere gesien word: