
Aanlynpetisie vir Ingrid Maasdorp
Loading player...
Die verkragting en moord van die vyf-jarige Ingrid Maasdorp van Okahandja, wat op 20 Maart as vermis aangegee is, bly onopgelos en lok steeds reaksie uit. Kashivi Kashingungu, ‘n Namibiër wat woonagtig is in Finland, het ‘n aanlynpetisie van stapel gestuur. Justice for Ingrid Maasdorp het reeds 9 000 handtekeninge en Kosmos 94.1 Nuus het met Kashingungu gepraat.