Trump en Zelensky is weer haaks

Loading player...
President Donald Trump het sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky, beskuldig dat hy vredesonderhandelinge met Rusland belemmer. Dit volg nadat Zelensky aan die Wall Street Journal gesê het sy land gaan nie die Krim afstaan as deel van die onderhandelings nie. Een van Amerika se voorstelle is dat Rusland se onwettige anneksasie van die Krim erken word. Intussen waarsku Amerika se visepresident, JD Vance, dat Rusland en Oekraïne ʼn ooreenkoms moet bereik, anders gaan Amerika hom onttrek:
24 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Venaani wil weet oor begroting vir oud-presidente

Die PDM-leier McHenry Venaani het premier Elijah Ngurare in die Nasionale Vergadering gevra om die toekenning van kantore aan voormalige presidente te hersien, en het die koste en volhoubaarheid van die huidige model bevraagteken. Hy het voorgestel dat bestaande kantore gebruik word, en gevra vir 'n hersiening van die Wet…
24 Apr 6AM 1 min

Saftu verwerp voorstelde wysigings aan arbeidswette

Die vakverbond Saftu vra werkers om die voorgestelde wysigings aan arbeidswette te verwerp, aangesien dit werkgewers bevoordeel en werkersregte verswak. Die organisasie sê die nuwe konsepkode sal onregverdige afdankings toelaat, veral in klein ondernemings, regverdige verhoorprosesse verwyder, en dit makliker maak om werkers op proeftyd of dié wat as onaanpasbaar…
24 Apr 6AM 1 min

Dis weer /Ae//Gams-fees die naweek

Stad Windhoek bied hierdie naweek die 17de /Ae//Gams Kuns- en Kultuurfees aan. Die tweedaagse geleentheid sal musiek, tradisionele en kontemporêre dans, mode en kookkuns aanbied, wat plaaslike talent en kulturele diversiteit ten toon stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die korporatiewe kommunikasiebeampte by die stad, Lydia Shifa, gesels.
24 Apr 6AM 1 min

Ingrid se ouma woedend oor uitstel van optog vir geregtigheid

Die uitstel van die optog vir geregtigheid vir Ingrid Maasdorp deur die Okahandja-munisipaliteit is steeds in die nuus. Die burgemeester, Beatrice Kotungondo, het inwoners gevra om die beplande betoging oor Ingrid Maasdorp se moord tot ná die Toerisme- en Handelskou uit te stel. Sy sê die skou lok beleggers en…
24 Apr 6AM 1 min

Bitcoin steek Alphabet verby in markkapitalisasie

Bitcoin, wat nou teen 92 339 Amerikaanse dollar verhandel, het Alphabet, of te wel Google verbygesteek om wêreldwyd die sesde plek te beklee in terme van markkapitalisasie. Volgens bate-ranglysstatistieke het die markkapitalisasie van Bitcoin op 23 April tot 1,87 triljoen dollar gestyg, wat Alphabet se 1,85 triljoen dollar se waardasie…
24 Apr 6AM 1 min