
Geen streek op Aarde kan klimaatsverandering vryspring nie
Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê geen streek gaan die toenemende katastrofes weens klimaatsverandering vryspring nie en voeg by die krisis vererger armoede, konflik en onbestendigheid. Guterres en president Luiz Inácio Lula da Silva van Brasilië was gister medevoorsitters van die Klimaat-leiersberaad wat deur 17 leiers van groot ekonomieë en kwesbare lande bygewoon is. Guterres sê die wêreld kan nie en mag nie ophou om klimaatsverandering te beveg nie: