
Finansies wil buite die hof met DA skik BTW-saak
Loading player...
Die DA het bevestig dat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se prokureurs die party genader het om buite die hof te skik. Dit hou verband met die DA se aansoek in die Hooggeregshof om ʼn interdik te kry teen die BTW-verhoging. Godongwana het intussen in ʼn verklaring gesê hy het besluit om die BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte terug te trek. Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, sê hulle vergader vandag met ʼn hoëvlak-ANC-afvaardiging: