Diskriminasie teen LBGT duur voort

Loading player...
Die baanbrekende Drag and Vogue Beyond Borders-projek is deur Namibië, Kenia, Suid-Afrika en Duitsland bekendgestel. Dit sluit onder andere vyf internasionale fases in, met ook 'n Pride-parade in Namibië. Tydens die geleentheid het Lize Ehlers, die uitvoerende hoof van Drag Nights Namibia, die inhoud van die ooreenkoms gelees. Sy het diskriminasie teenoor lede van die LGBT-gemeenskap uitgelig.
28 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

18de Kreeffees skop af op Lüderitz

Die 18de Lüderitz Kreeffees begin vandag en duur tot 5 Mei. Hierdie jaarlikse viering stel Namibië se gesogte kreef ten toon, tesame met 'n rits geleenthede, insluitend seekosfeeste, kulturele optredes, motorsport en die gewilde Mej. Kreef-skoonheidskompetisie. Kosmos 94.1 Nuus het met Phil Balhao, die burgemeester van Lüderitz gepraat …
29 Apr 6AM 1 min

Kredietwaarborgskema moet daadwerklik geïmplementeer word

Standard Bank het 'n beroep gedoen vir die vestiging van 'n nasionale kredietwaarborgskema om finansiering vir noodsaaklike energie- en breër infrastruktuurprojekte in die land te ontsluit. So ‘n program is 'n regeringsgesteunde program wat lenerrisiko verminder deur 'n deel van 'n lening te dek indien 'n lener in gebreke bly,…
29 Apr 6AM 1 min

Laer olieprys dalk 'n Opul taktiek

Oliepryse het vroeër ietwat versterk ten spyte van verwarring oor die tariefgesprekke tussen die VSA en China, maar die prys bly steeds rondom 64 Amerikaanse dollar ‘n vat. Handelaars het 'n gebrek aan belangrike nuus en verwagte toenames in aanbod aangehaal met markte wat steeds pryse ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus…
29 Apr 6AM 1 min

Groenskemas plant ter voorbereiding van winter, 90% voltooi

Die landbouministerie sê 90 persent van die besproeibare grond by groenskemas wat deur die regering bestuur word, is reeds aangeplant. Die doel is om teen die winter volle produktiwiteit te bereik. Adjunkdirekteur Felix Ndinamwene het ook aangekondig dat vakante plotte vir mediumskaal-boere volgende maand geadverteer sal word. Kosmos 94.1 Nuus…
29 Apr 6AM 1 min

Verbypad net suid van hoofstad voltooi

Die verbypad by die brug wat net suid van die Aris-weegbrug op die B1 tussen Windhoek en Rehoboth ingegee het, is voltooi, voor skedule. Die brug het op 20 Maart ingegee na swaar reën en ‘n eenbaan verbypad is inderhaas gebou. Kosmos 94.1 Nuus het met Hileni Fillemon, woordvoerder by…
29 Apr 4AM 1 min