
Verbypad net suid van hoofstad voltooi
Loading player...
Die verbypad by die brug wat net suid van die Aris-weegbrug op die B1 tussen Windhoek en Rehoboth ingegee het, is voltooi, voor skedule. Die brug het op 20 Maart ingegee na swaar reën en ‘n eenbaan verbypad is inderhaas gebou. Kosmos 94.1 Nuus het met Hileni Fillemon, woordvoerder by die Paaie-owerheid gesels.