Okahandja-inwoners sê dankie vir ondersteuning na moorde

Loading player...
Inwoners van Okahandja het 'n protesoptog gehou ter ondersteuning van die gesinne wat rou na die hartseer-moorde op Ingrid Maasdorp, Roswinds Fabianu en Beyonce Kharuxas. 'n Hele aantal hoogwaardigheidsbekleërs, waaronder president Netumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk-sportminister Dino Balotti en onderwysminister Sanet Steenkamp, was onder die deelnemers. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die geleentheid se organiseerder, Jané Louesie.
29 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rustig op die misdaadfront, berig Copps 94.1

Buiten vir ‘n enkele skietvoorval in Windhoek, waarin niemand beseer is nie, was Vrydagaand ‘n rustige aand in die hoofstad, berig Francois Lottering. Hy was deel van die Copps 94.1-span en doen verslag:
19 Jul 12AM 1 min

Ministerie betrek sakesektor om AfCFTA te benut

Die handelministerie het saam met die industrialisasie-ministerie konsultasies van stapel gestuur om die sakesektor te betrek. Die sessies is daarop gemik om bewustheid van die Afrika Kontinentale Vryhandelsooreenkoms te verhoog en die implementering daarvan te ondersteun. Handelminister Selma Ashipala-Musavyi sê die inisiatief is die sleutel om plaaslike besighede te help…
18 Jul 11AM 1 min

Stad Tshwane oortree eie munisipale regulasies, sê AfriForum

AfriForum beskuldig die Stad Tshwane dat hy sy eie regulasies oor die Brandweerdiens oortree. Die burgerregte-organisasie sê 'n aantal begraafplase en ander munisipale terreine, soos oop stukke veld en die stuk veld langs paaie, hou 'n ernstige brandgevaar in omdat hulle nie behoorlik in stand gehou word nie. Tarien Cooks…
18 Jul 11AM 1 min

San-regsbemagtigingsprogram 'n dawerende sukses

Die Regshulpsentrum en die Europese Unie het 'n vierdaagse regsbemagtigingsprogram in Tsumkwe afgesluit. Die program is daarop gemik om toegang tot geregtigheid in San-gemeenskappe te bevorder. Die inisiatief, wat San-regsassistente van regoor die land bymekaarbring, fokus op die versterking van regskennis, menseregtebewustheid en gemeenskapsvoorspraak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
18 Jul 10AM 1 min