Trump se tariewe laat Fed terughou

Loading player...
Die Amerikaanse sentrale bank waarsku dat president Donald Trump se tariewe soveel onsekerheid geskep het dat hy onseker is wat om met rentekoerse te doen. Die Federale Reserweraad het rentekoerse onveranderd gehou, ten spyte van druk van Trump om leenkoste te verlaag. Die voorsitter van die raad, Jerome Powell.
8 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kommer oor wetgewing vir olie-welvaartsfonds wat ontbreek

Die Welwitschia-fonds is in 2022 gestig om die welvaart wat uit die olie- en gassektor gegenereer sal word versigtig en deursigtig te bestuur. Hierdie soewereine welvaartsfonds het ten doel om inkomste vir toekomstige geslagte te beskerm en die ekonomie te stabiliseer in onstuimige tye. Wetgewing om die fonds te rig…
20 Jun 12AM 1 min

DBV sê oor steel van honde vir kapana-bedryf

Plaaslike media berig van toenemende honde-diefstalle in Oshakati en omgewing, en dat die troeteldiere oop en bloot aan kapana-verkopers by die Oshakati-mark verkoop word. Die kapana-verkopers sê die vleis is baie gewild en hulle maak sowat 1 000 Namibiese dollar wins op 'n hond-karkas. Hulle koop die lewende honde vir…
20 Jun 12AM 1 min

Oos-Kaapse oorstromings was katastrofies

Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Xolani Williams, het die onlangse vloede as katastrofies en ondenkbaar beskryf. Twee-en-neëntig sterftes is tot dusver bevestig, terwyl duisende mense dakloos gelaat is. Daar word verwag dat getalle sal styg terwyl soek- en reddingspogings voortduur. Williams het op 'n gedenkdiens in…
19 Jun 11PM 1 min

Trump gee twee weke oor Iran-besluit

Amerikaanse president Donald Trump het 'n sperdatum van twee weke gestel om te besluit of die VSA by Israel se oorlog met Iran sal aansluit, wat tyd toelaat om 'n onderhandelde einde aan die konflik te kry. Die besluit om 'n venster vir diplomasie oop te laat, kom na Israel…
19 Jun 11PM 1 min