
Hofoorwinning in Trustco-saak 'n 'wen vir belastingwetgewing'
Loading player...
NamRA het ‘n verklaring uitgereik rakende sy oorwinning in die saak met Trustco waar 593 miljoen Namibiese dollar in belasting ter sprake was. Die agentskap sê in werklikheid, is dit ‘n oorwinning vir belastingwetgewing in die land en dat die hof ook die “betaal nou, stry later”-beginsel bevestig het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder Steven Ndorokaze gepraat.