Tradisionele leiers soek referendum oor grond

Loading player...
Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika sê 'n referendum is die beste manier om die grondkwessie op te los. Cotralesa se sekretaris-generaal, Zolani Mkiva, sê hoewel die ANC optrede oor grondhervorming belowe het, glo tradisionele leiers tans die publiek moet besluit. Hy het op 'n gesamentlike inligtingsessie met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party gepraat na afloop van hul bilaterale vergadering om belangrike regerings- en gemeenskapskwessies te bespreek:
10 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mediese fonds-lede moet jaar-vergadering bywoon: namfisa

Lede van geregistreerde mediese fondse word aangeraai om deel te neem aan jaarlikse vergaderings. Namfisa se uitvoerende hoofbeampte Kenneth Matomola het die kwessie geopper nadat verskeie jaarvergaderings swak bygewoon was. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond gepraat die woordvoerder van Namfisa wat die regulerende liggaam se kommer verder uitspreek.
19 Jun 8AM 1 min

Maak plan teen hoër brandstofprys, vra Cosatu

Cosatu vra die regering om vinnig op te tree om ʼn brandstof-prysstyging in Julie af te weer. Die Sentrale Energiefonds se data in die middel van die maand toon ʼn skerp styging in wêreldwye oliepryse weens die oorlog in die Midde-Ooste wat die huidige verhaling in Suid-Afrika negatief raak. Cosatu-woordvoerder…
19 Jun 8AM 1 min

DBV Otjiwarongo vir eers gesluit, sieklike diere van kant gemaak

Die komitee van die Dierebeskermingsvereniging het die skorsing van die Otjiwarongo-takbestuurder aangekondig hangende 'n interne ondersoek. Dit kom na daar blykbaar verskeie klagtes was. Ondersoek is deur die Windhoek-tak ingestel en die skorsing het gevolg. Dus, is die DBV-tak in Otjiwarongo tydelik gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Silke…
19 Jun 6AM 1 min

Johannesburg-tariewe styg skerp

Die Stad Johannesburg het die tariewe vir 2025/2026 goedgekeur wat volgende maand in werking tree. Die metro se nuwe tariewe beteken elektrisiteit kos 12,74-persent meer, water en riool styg met 13,9-persent, vullisverwydering met 6,6-persent en eiendomsbelasting met 4,6-persent. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Margaret Arnolds, sê die tariewe is so saamgestel…
19 Jun 6AM 1 min