
Afrikaner-vlugtelinge na VSA 'polities gemotiveerd'
Loading player...
Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking sê die hervestiging van Suid-Afrikaners in Amerika onder die dekmantel van vlugtelingskap is geheel en al polities gemotiveerd. Amerika het die aansoeke van sogenaamde vlugtelinge uit Suid-Afrika begin verwerk en sal dié Suid-Afrikaners daar begin hervestig. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê dit is nie duidelik hoe die beginsel van vrywaring van deportasie op hulle toegepas sal word sodra hulle daar hervestig is nie: