SA gretig vir 'konstruktiewe dialoog' met VSA

Loading player...
Die regering sê hy is steeds verbind tot konstruktiewe dialoog met die Verenigde State van Amerika, geanker in wedersydse respek vir soewereiniteit, die oppergesag van die reg, en 'n gedeelde verbintenis tot die versterking van wedersyds voordelige bilaterale vennootskappe. Die woordvoerder van die ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê die departement het die status aangevra van mense wat na Amerika sal vertrek, hetsy as asielsoekers, vlugtelinge of gewone burgers. Hy sê die regering het gevra vir versekering dat dié mense behoorlik gekeur is deur bevoegde Suid-Afrikaanse owerhede:
10 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

PDM wil weet van die regte van informele handelaars

Die PDM-LP Rosa Mbinge-Tjeundo het in die Nasionale Vergadering die stedelike en landelike ontwikkelingminister, James Sankwasa, uitgevra oor watter maatreëls geïmplementeer word om die menseregte van informele verkopers te beskerm. Dit geld veral vroue en die jeug, wat die meerderheid van die informele handelsektor uitmaak. Sy het kommer uitgespreek dat…
19 Jun 5AM 1 min

DA verwerlkom vordering met gryslys-aksies

Die DA verwelkom die Finansiële Taakspan se eenparige besluit om Suid-Afrika se vordering op te gradeer om die laaste twee hervormings toe te pas wat nodig is om van die gryslys verwyder te word. Die land het al 22 aanbevole items van die aksieplan afgehandel. Suid-Afrika is op die gryslys…
19 Jun 5AM 1 min

Registrasie van Yango, InDrive in Windhoek weer in die nuus

Die saamryplatforms Yango en InDrive is volgens die Windhoek Stadspolisie nie formeel as openbare vervoerverskaffers by die Stad geregistreer nie. Alle voertuie wat vervoerdienste teen betaling of vergoeding binne die stad aanbied, moet bedryfspermitte hê. Die eienaar van Lefa, Melkies Ausiku, sê egter aanlyn saamryplatforms is slegs 'n aanlyn bemarkingsplatform…
19 Jun 4AM 1 min

Gallant sê dis VSA se plig om toe te tree

Die voormalige Israeliese verdedigingsminister Yoav Gallant sê Amerika het ‘n plig om toe te tree in sy land se oorlog teen Iran. Gallant sê Iran se kernwapen bedreig die sekuriteit van die hele gebied. Hy het met CNN gepraat.
19 Jun 4AM 1 min