
PDM wil weet van die regte van informele handelaars
Loading player...
Die PDM-LP Rosa Mbinge-Tjeundo het in die Nasionale Vergadering die stedelike en landelike ontwikkelingminister, James Sankwasa, uitgevra oor watter maatreëls geïmplementeer word om die menseregte van informele verkopers te beskerm. Dit geld veral vroue en die jeug, wat die meerderheid van die informele handelsektor uitmaak. Sy het kommer uitgespreek dat munisipale verordeninge dikwels die sosio-ekonomiese uitdagings wat verkopers in die gesig staar, oor die hoof sien.