
Registrasie van Yango, InDrive in Windhoek weer in die nuus
Loading player...
Die saamryplatforms Yango en InDrive is volgens die Windhoek Stadspolisie nie formeel as openbare vervoerverskaffers by die Stad geregistreer nie. Alle voertuie wat vervoerdienste teen betaling of vergoeding binne die stad aanbied, moet bedryfspermitte hê. Die eienaar van Lefa, Melkies Ausiku, sê egter aanlyn saamryplatforms is slegs 'n aanlyn bemarkingsplatform wat bestuurders met passasiers verbind.