
Namibië spook onverpoos met gryslys
Loading player...
Namibië maak steeds vordering met pogings om van die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys verwyder te word. Geïdentifiseerde strategiese tekortkominge word deurlopend aangespreek en die tweede vorderingsverslag is op 7 Maart ingedien. Die volgende oorsig sal vandeesmaand gedoen word, na nog 'n verslag op 7 April by die taakmag ingedien is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bryan Eiseb, direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, wat 'n opdatering gee.