DBV behaal sukses in beskerming van 600 000 teelkuikens

Loading player...
Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings sê hulle is steeds verbind tot die handhawing van hul mandaat om alle diere in Suid-Afrika te beskerm. Die raad het suksesvol 'n dringende tussentydse hofbevel verkry van die Hooggeregshof in Johannesburg, wat Daybreak Foods dwing om onmiddellik alle onmenslike uitdunningspraktyke te staak en voldoende, gepaste voer aan 600 000 teelkuikens in Mpumalanga en Limpopo te verskaf. Die raad se woordvoerder, Marcelle Meredith, sê die hoenders vrek nie net van honger nie, maar ly geweldig:
12 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lüderitz gaan digitaal

Die Lüderitz-dorpsraad is besig om te digitaliseer om by te bly met ontwikkelings in die gebied. Die dorp is aan die voorpunt van olie- en gas-eksplorasie, sowel as sonkrag- en groenwaterstof-bedrywighede. Om hulle verder 'n hupstoot te gee het die dorpsraad nuwe sagteware in werking gestel. Lüderitz burgemeester Phil Balhao…
19 Jun 2AM 1 min

SA-kleinhandel styg teenoor 2024

Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in April met 5 persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Algemene handelaars het die meeste groei getoon met 'n styging van 5,3 persent, en kleinhandelaars in tekstiele, klerasie, skoeisel en leergoedere het met 12,5 persent gestyg. Raquel Floris van Statistieke SA sê verkope…
19 Jun 2AM 1 min

Tucker Carlson haal Ted Cruz uit oor Iran

Terwyl president Donald Trump die wêreld op sy tone hou en weier om te sê om hy Israel in sy oorlog en Iran sal bystaan, is die Republikeinse Party verdeeld oor of die VSA militêr betrokke moet raak. Oud-Fox aanbieder Tucker Carlson, een van Trump se grootste ondersteuners, het verras…
19 Jun 1AM 1 min

Oplossings vir lang rye met e-visums word gesoek - Daniel

Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die IPC-LP Rodrick Likando die omgewingminister, Indileni Daniel, uitgevra oor die lang rye waarin toeriste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe hulle bevind weens visumvertragings. Daniel gesê die kwessie is onder bespreking en dat die ministerie moontlike oplossings ondersoek om die wagtye…
19 Jun 1AM 1 min

LLPB sê oor Karan Beef, maan produsente om versigtig te wees

Reaksie word steeds ontvang oor die bek-en-klouseer by Karan Beef se Heidelberg-fasiliteit. Berigte dat die siekte ook by Karan se Nigel- en Albert Falls-voerkrale teenwoordig is, is nog nie bevestig nie. Karan Beef koop maandeliks duisende speenkalwers in Namibië, maar het vir eers die aankope gestaak. Kosmos 94.1 Nuus het…
19 Jun 1AM 1 min