
LLPB sê oor Karan Beef, maan produsente om versigtig te wees
Loading player...
Reaksie word steeds ontvang oor die bek-en-klouseer by Karan Beef se Heidelberg-fasiliteit. Berigte dat die siekte ook by Karan se Nigel- en Albert Falls-voerkrale teenwoordig is, is nog nie bevestig nie. Karan Beef koop maandeliks duisende speenkalwers in Namibië, maar het vir eers die aankope gestaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Anja Boshoff, die vleisstandaarde bestuurder by die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad.