
Iran het nie kernwapen-ontwikkeling nie - minister
Loading player...
Iran se diplomatieke sending by die Verenigde Nasies ontken president Donald Trump van Amerika se bewerings dat Iranse onderhandelaars die Withuis wil besoek. Die sending sê Iran onderhandel nie onder dwang nie, en sal nie vrede onder dwang aanvaar nie. Intussen het Rafael Grossi, die hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap bevestig dat hulle geen aanduidings van kernwapen vervaardiging in Iran gevind het nie, wat die land se buitelandse minister Majit Takht Ravanchi, aan CNN ook bevestig het.