SA-kleinhandel styg teenoor 2024

Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in April met 5 persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Algemene handelaars het die meeste groei getoon met 'n styging van 5,3 persent, en kleinhandelaars in tekstiele, klerasie, skoeisel en leergoedere het met 12,5 persent gestyg. Raquel Floris van Statistieke SA sê verkope het met 0,5 persent gedaal teenoor die vorige drie maande, hoofsaaklik as gevolg van dalings vir algemene handelaars en voedsel-, drank- en tabakwinkels:
19 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Registrasie van Yango, InDrive in Windhoek weer in die nuus

Die saamryplatforms Yango en InDrive is volgens die Windhoek Stadspolisie nie formeel as openbare vervoerverskaffers by die Stad geregistreer nie. Alle voertuie wat vervoerdienste teen betaling of vergoeding binne die stad aanbied, moet bedryfspermitte hê. Die eienaar van Lefa, Melkies Ausiku, sê egter aanlyn saamryplatforms is slegs 'n aanlyn bemarkingsplatform…
19 Jun 4AM 1 min

Gallant sê dis VSA se plig om toe te tree

Die voormalige Israeliese verdedigingsminister Yoav Gallant sê Amerika het ‘n plig om toe te tree in sy land se oorlog teen Iran. Gallant sê Iran se kernwapen bedreig die sekuriteit van die hele gebied. Hy het met CNN gepraat.
19 Jun 4AM 1 min

G20: Cosatu vra raamwerk vir kritieke minerale

Die vakverbond Cosatu vra vir 'n G20 Raamwerk vir Kritieke Minerale wat gelykheid, volhoubaarheid en menseregte bevorder terwyl Suid-Afrika die G20-besprekings oor inklusiewe groei en groen industrialisering aanbied. Zanele Sabela van Cosatu vra plaaslike waardekettings, die skep van ordentlike mynbou, en versterkte bestuur, wat mynwerkers en gemeenskappe bevoordeel. Sy vra…
19 Jun 3AM 1 min

Iran het nie kernwapen-ontwikkeling nie - minister

Iran se diplomatieke sending by die Verenigde Nasies ontken president Donald Trump van Amerika se bewerings dat Iranse onderhandelaars die Withuis wil besoek. Die sending sê Iran onderhandel nie onder dwang nie, en sal nie vrede onder dwang aanvaar nie. Intussen het Rafael Grossi, die hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap…
19 Jun 3AM 1 min