ANC-studiegroep kap na MK-party

Loading player...
Die ANC-studiegroep vir die staande komitee oor die Ouditeur-Generaal sê die MK-party se versoek vir ʼn ondersoek na uitgawes wat verband hou met die uitgestelde 2025 nasionale begroting is beuselagtig. Die party beskuldig die regering dat hy miljoene rand wanbestee op voorbereiding vir die nasionale begroting wat twee keer uitgestel is. Imraan Subrathie van die ANC sê die inligting wat die MK-party versoek, kan verskaf word deur die Nasionale Tesourie en die onderskeie staatsorgane:
12 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vleispryse bestendig ten spyte van Karan-fiasko

Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die jongste vleispryse bekend gemaak. Ten spyte van die Karan Beef bek-en-klouseer voorval bly pryse redelik bestendig vanweë plaaslike verkope. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die raad se bemarkingsbestuurder, gesels.
18 Jun 11AM 1 min

Trump systap vraag oor VSA-betrokkenheid in Iran

Die opperleier van Iran, die Ayatollah Ali Khamenei, sê die land sal nooit oorgee soos wat president Donald Trump eis nie. Hy waarsku Amerika dat dit "onherstelbare skade" in die gesig staar as dit ingryp om Israel te ondersteun. Trump sê op sy beurt niemand weet of hy sal toelaat…
18 Jun 11AM 1 min

Proteas bedank SA vir oorweldigende ondersteuning

Krieket: Die Proteas se toetskaptein, Temba Bavuma, sê hulle het oorweldigende ondersteuning van Suid-Afrikaners ontvang na die oorwinning oor Australië in die Wêreldtoetskampioenskap. Hy het op die OR Tambo-lughawe in Gauteng gepraat met die span se terugkeer uit Engeland, waar hulle die eindstryd op Lord's in Londen gewen het. Hy…
18 Jun 11AM 1 min

Nascam verwelkom kopiereg-konsepwetsontwerp

Bipa het die Namibiese Konsepwetsontwerp op Kopiereg en Verwante Regte voorgestel, wat die instelling van 'n kopieregheffing voorstel as 'n moderne benadering om die uitdagings aan te spreek wat die ongemagtigde gebruik van kopieregbeskermde inhoud inhou. Hierdie heffing verseker dat kopiereghouers billik vergoed word. Kosmos 94.1 Nuus het met Albert…
18 Jun 10AM 1 min