Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die jongste vleispryse bekend gemaak. Ten spyte van die Karan Beef bek-en-klouseer voorval bly pryse redelik bestendig vanweë plaaslike verkope. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die raad se bemarkingsbestuurder, gesels.
Die opperleier van Iran, die Ayatollah Ali Khamenei, sê die land sal nooit oorgee soos wat president Donald Trump eis nie. Hy waarsku Amerika dat dit "onherstelbare skade" in die gesig staar as dit ingryp om Israel te ondersteun. Trump sê op sy beurt niemand weet of hy sal toelaat…
Krieket: Die Proteas se toetskaptein, Temba Bavuma, sê hulle het oorweldigende ondersteuning van Suid-Afrikaners ontvang na die oorwinning oor Australië in die Wêreldtoetskampioenskap. Hy het op die OR Tambo-lughawe in Gauteng gepraat met die span se terugkeer uit Engeland, waar hulle die eindstryd op Lord's in Londen gewen het. Hy…
Bipa het die Namibiese Konsepwetsontwerp op Kopiereg en Verwante Regte voorgestel, wat die instelling van 'n kopieregheffing voorstel as 'n moderne benadering om die uitdagings aan te spreek wat die ongemagtigde gebruik van kopieregbeskermde inhoud inhou. Hierdie heffing verseker dat kopiereghouers billik vergoed word. Kosmos 94.1 Nuus het met Albert…
Die AR-beweging parlementslid Tuhafeni Kalola het in die Nasionale Vergadering kennis gegee van 'n mosie oor die stemouderdom. AR-leier Job Amupanda vra al lank dat die stemouderdom van 18 jaar oud na 16 jaar verlaag moet word. Kalola is aan die woord.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.