
Trump systap vraag oor VSA-betrokkenheid in Iran
Loading player...
Die opperleier van Iran, die Ayatollah Ali Khamenei, sê die land sal nooit oorgee soos wat president Donald Trump eis nie. Hy waarsku Amerika dat dit "onherstelbare skade" in die gesig staar as dit ingryp om Israel te ondersteun. Trump sê op sy beurt niemand weet of hy sal toelaat dat die VSA by aanvalle op Iran betrokke raak nie. Hy het op die Withuis se grasperk met die media gepraat na 'n massiewe nuwe vlagpaal geïnstalleer is. Hy sê Iran is in die moeilikheid en wil na die Withuis kom, maar dit is onmiddellik deur Iran ontken. Luister self na Trump.