
LPM veroordeel uiters hoë verkragtingsyfers in die land
Loading player...
Die Landless People’s Movement het die toename in verkragtingsake in Namibië veroordeel en sê dit weerspieël ‘n sistemiese mislukking om vroue, kinders en gestremdes te beskerm. Polisiedata toon die aantal aangemelde verkragtingsake het van 2 018 in 2021 tot 2 268 verlede jaar gestyg. Voorts was 21 onderwysers in dié tydperk in seksuele verhoudings met leerders betrokke. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar van die LPM-woordvoerder, Lifalaza Simataa, gekry: