Trump gesels oor normalisering van verhouding met Sirië

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het die president van Sirië, Ahmed al-Sharaa, in Saoedi-Arabië ontmoet en aan die voormalige jihadis gesê hy het 'n buitengewone geleentheid. Trump het gesê Washington ondersoek normalisering van bande met Damaskus, 'n dag nadat hy aangekondig het dat al die Amerikaanse sanksies teen Sirië opgehef sal word. Sharaa is 'n voormalige militant wat teen Amerikaanse magte in Irak geveg het en tot Desember 2024 'n losprys van 10 miljoen Amerikaanse dollar op sy kop gehad het. Verslaggewers het Trump op Air Force One oor Sharaa uitgevra.
14 May 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oud-ombud sê oor tronke, aanhouding vir jeugdiges

Die 11 jeugdige voorverhoor-verdagtes wat uit die Oluno-korrektiewe fasiliteit in Ondangwa ontsnap het, waar hulle aangehou is vir ernstige misdade soos verkragting, veediefstal en huisbraak, het weer die kollig geskyn op die gebrek aan fasiliteite vir jeugoortreders. Die vyf Namibiërs en ses Angolese van tussen 14 en 17 jaar oud…
18 Jun 4AM 1 min

Israel teiken uraan- en militêre fasiliteite in Iran

Die Israelse weermag sê hy het oornag 'n nuwe vlaag aanvalle op Iran se uraanproduksie- en missielvervaardigingsaanlegte uitgevoer. Van die geriewe wat geteiken is, is 'n monteeraanleg vir die vervaardiging van grond-tot-lugmissiele, 'n sentrifugeerdervervaardigingsaanleg en 'n opleidingsinstelling wat met die Revolusionêre Wagte verbind word. Sentrifugeerders word gebruik om uraan te…
18 Jun 4AM 1 min

Cran beklemtoon belangrikheid van toegang tot inligting

Toegang tot inligting is ‘n basiese mensereg wat deursigtigheid, verantwoordbaarheid en openbare deelname bevorder. Dit bemagtig Jan Alleman en ondersteun ontwikkeling en versterk demokrasie. Cran, die plaaslike kommunikasie-owerheid sê dit is noodsaaklik vir inklusiewe besluitneming en is ver van net 'n modewoord. Jennifer Pogisho, die lynbestuurder by Cran, het meer.
18 Jun 3AM 1 min

Outa eis moratorium op boetes met rybewyskaart agterstand

Die organisasie teen belastingmisbruik, doen 'n beroep op minister van Vervoer, Barbara Creecy om boetes vir mense wie se bestuuderslisensies vertraag word as gevolg van die nasionale agterstand, op te hef. Die agterstand van 700 000 kaarte is veroorsaak nadat die enigste lisensiedrukker-masjien in die land gebreek het. Stefanie Fick…
18 Jun 3AM 1 min

Ramaphosa sê G7 was betekenisvol

President Cyril Ramaphosa sê die G7-beraad in Kanada was betekenisvol, veral vir Suid-Afrika wat president van die G20 is. Onder Suid-Afrika se G20-presidentskap is pogings aangewend om die G7 se doelwitte en agenda in ooreenstemming met dié van die G20 te kry. Ramaphosa sê hulle soek groter samewerking in areas…
18 Jun 2AM 1 min