
Israel teiken uraan- en militêre fasiliteite in Iran
Loading player...
Die Israelse weermag sê hy het oornag 'n nuwe vlaag aanvalle op Iran se uraanproduksie- en missielvervaardigingsaanlegte uitgevoer. Van die geriewe wat geteiken is, is 'n monteeraanleg vir die vervaardiging van grond-tot-lugmissiele, 'n sentrifugeerdervervaardigingsaanleg en 'n opleidingsinstelling wat met die Revolusionêre Wagte verbind word. Sentrifugeerders word gebruik om uraan te verryk. Die fasiliteit by Natanz is volgens die direkteur-generaal van die Internasionale Atoomenergie-agentskap, Rafael Grossi, die ergste beskadig.