
Oud-ombud sê oor tronke, aanhouding vir jeugdiges
Loading player...
Die 11 jeugdige voorverhoor-verdagtes wat uit die Oluno-korrektiewe fasiliteit in Ondangwa ontsnap het, waar hulle aangehou is vir ernstige misdade soos verkragting, veediefstal en huisbraak, het weer die kollig geskyn op die gebrek aan fasiliteite vir jeugoortreders. Die vyf Namibiërs en ses Angolese van tussen 14 en 17 jaar oud is weer in hegtenis geneem. Hulle is oorspronklik tussen 2022 en vanjaar gearresteer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die voormalige ombudsman advokaat John Walters, wat sê dinge moet in die belang van kinders gedoen word.