Ondersoek visserysektor van bo tot onder, vra vakbond-sekretaris

Loading player...
Landbouminister Inge Zaamwani het in die parlement aangekondig dat ’n puntestelsel ingestel is om die prestasie van die visserysektor te meet. Die doel is om seker te maak dat viskwotas en die voordele daarvan gemeenskappe bereik. Sy het beklemtoon dat kwesbare mense dikwels uitgebuit word en het ’n deeglike hersiening van die sektor gevra. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Joseph Garoëb, die sekretaris van die Myn-, Metaal-, Maritieme en Konstruksiewerkersvakbond.
16 May 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Word prettig fiks by die Clausthaler Finkenstein Trail Run!

Hier is ‘n wonderlike geleentheid om fiks en gesond te bly en terselftertyd ‘n bietjie pret in die natuur te geniet. Die Clausthaler Finkenstein Trail Run op 21 Junie is oop vir hardlopers van alle vlakke en vermoëns by die Finkenstein-landgoed. Registrasie open om 08:00, met die wedloop wat om…
17 Jun 10AM 1 min

Kiesers stroom glo nie na tussenverkiesing-stembusse

Die tussenverkiesings in vyf streeks-kiesafdelings is aan die gang, maar dit lyk nie of daar 'n toestroming na die stembusse is nie. Die verkiesing is om posisies binne 90 dae te vul wat vakant geword het toe politieke leiers hul plekke in die Nasionale Vergadering ingeneem het, volgens die wet…
17 Jun 10AM 1 min

Publiek 'het hand in swak plaaslike owerhede'

Die adjunk-ouditeur-generaal, Goms Menette, het die verslegtende situasie by meeste plaaslike owerhede onderstreep na 'n vergadering met die Nasionale Raad se Komitee vir Openbare Rekeninge en Ekonomie. Kosmos 94.1 Nuus het met regeringskenner, dr. Marius Kudumo gepraat wat sê inwoners het ook 'n rol te speel hierin.
17 Jun 10AM 1 min

Grond-beskerming en -herlewing krities vir toekoms

Vandag is Wêrelddag vir die Bekamping van Woestynvorming en Droogte, herdenk by die Omusati-streeksraadsaal in Outapi onder die tema "Herstel die land. Ontsluit geleenthede." Die geleentheid beklemtoon die dringende behoefte om Namibië se grond te beskerm en te laat herleef vir 'n meer veerkragtige en voorspoedige toekoms. Selma Asino, die…
17 Jun 10AM 1 min

Inflasie lyk goed, maar daar's globale gevare

Ten spyte daarvan dat Namibië se hooflyninflasie relatief stabiel vertoon in vergelyking met die buurlande, is die land steeds onderhewig aan globale ekonomiese bewegings weens sy groot invoere. Voorspellings is dat plaaslike inflasie vanjaar stabiel sal bly tussen 3,4 persent en 3,6 persent, afhangende van vyandighede tussen Iran en Israel…
17 Jun 9AM 1 min