Staatsentiteite sukkel met nakoming, en daar is geen stappe nie

Loading player...
’n Maand ná die begin van die 2025/26-boekjaar het meeste staatsentiteite steeds nie hul verkrygingsplanne ingedien nie, ondanks wetlike vereistes om dit drie maande voor 1 April te doen. Teen einde April het slegs 42 van 173 entiteite planne ingedien, waarvan net vyf betyds was. Dit is by ’n IPPR-geleentheid onthul. Voormalige finansminister Ipumbu Shiimi het in November ook gesê talle entiteite versuim om hul finansiële ouditverslae betyds in te dien – sommige al vir vyf jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links van die ATI Action Coalition in Namibië gepraat. Staats
19 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Pasiënte tans sieker met RSV as Covid se Nimbus-variant

'n Nuwe Covid-19-variant, Nimbus, versprei vinnig in die VSA, Asië en Europa en word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie gemonitor weens hoë oordraagbaarheid en nuwe mutasies. Namibiërs word gewaarsku om te waak teen infeksie, al is hulle ingeënt. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Willie Bruwer, 'n bekende longspesialis van Windhoek,…
17 Jun 1AM 1 min

LAC reageer op meningsartikel oor in-situ-loging

'n Meningsartikel wat onlangs in die media gepubliseer is, bevorder Uranium One se in-situ-herstel uraan-mynbouprojek in Leonardville en noem dit veilig en voordelig. Dit het kundiges en die Regshulpsentrum aangespoor om kommer uit te spreek dat die artikel wetenskaplik ongegronde aansprake maak. Dit maak ook ernstige omgewings- en gesondheidsrisiko's af,…
17 Jun 12AM 1 min

Gesprek oor gewenning van roofdiere in ongerepte gebiede

Tosco, die organisasie vir toerismeondersteunende bewaring, sal op 20 Junie 'n openbare bespreking oor Toerisme in die Ongerepte Natuur aanbied. Lara Potma, die besturende direkteur by Tosco sê die onlangse ontydige dood van Bernd Kebbel het die behoefte aan die gesprek aangewakker. Potma het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor…
17 Jun 12AM 1 min

NVG appelleer teen uitspraak oor Ace se assistent in asbessaak

Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan die Appèlhof nader nadat regter Phillip Loubser hul aansoek in die Vrystaatse hoërhof om teen 'n uitspraak te appelleer, van die hand gewys het. Dit staan in verband met die onwettige uitlewering van Ace Magashule se voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota. Cholota is uitgelewer om te…
16 Jun 11PM 1 min