Mondesa jeug, Erongo-polisie spreek misdaad aan

Loading player...
Die Erongo-polisie en Mondesa Youth Against Crime het ’n uitreikprogram in Swakopmund aangebied om gemeenskapslede in te lig oor buurtwagte, misdaadvoorkoming, reserviste en meer. Die geleentheid het ook gesprekke oor ontvoerings- en mensehandelkwessies gefasiliteer, met deelnemers wat groter ouerbetrokkenheid en meer polisiesigbaarheid geëis het. Kosmos 94.1 Nuus het met Senior Inspekteur Judith Shomongula van die Erongo-polisie gepraat, wat meer inligting gee.
20 May 1PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Koste-uitdagings met groenwaterstof - Namibië sal nie uitvoer nie

Die koste-uitdagings om groenwaterstof na Europa te vervoer as potensiële mark is in die nuus. Terwyl Namibië 'n duidelike leier in die streek in die gebied is word daar strawwe kompetisie van Suid-Afrika verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Muhseko,die woordvoerder van die groenwaterstofprojek plaaslik gepraat, wat sê Namibië…
16 Jun 5AM 1 min

Britte soek selfbeheersing in Midde-Ooste

Die Britse Tesourie se ekonomiese sekretaris Emma Reynolds sê premier Keir Starmer het die Israel-Iran-oorlog met talle wêreldleiers bespreek en voeg by dat die Arbeidersparty se prioriteit is dat beide kante selfbeheersing. Sy het met SkyNews gepraat.
16 Jun 5AM 1 min

Landbou waarsku oor Facebook-slenter

'n Plasing op sosiale media doen die rondtes dat die landbouministerie 'n inisiatief geloods het vir klein- en korttermyn besighede. Volgens die plasing kan die publiek aansoek doen vir befondsing. Dit dui ook aan dat kleinskaalse boere ondersteuning sal kry. Die plasing vat die publiek na 'n skakel om persoonlike…
16 Jun 4AM 1 min

R700m vir Nasionale Dialoog is roekeloos - Cosatu

Cosatu het die voorgestelde begroting van 700 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die Nasionale Dialoog as roekeloos en uit voeling verwerp. Matthew Parks van die vakverbond sê die voorstel is 'n belediging vir sukkelende Suid-Afrikaners wat moet besuinig en die hoë lewenskoste in die gesig staar. Terwyl Cosatu die doelwitte van…
16 Jun 4AM 1 min

Talle kiesafdelings stem môre

Die Verkiesingskommissie van Namibië is besig om 845 kiesbeamptes op te lei vir die tussenverkiesings wat môre in die Grootfontein, Kabbe Suid, Kamanjab, Otjiwarongo en Sesfontein kiesafdelings gehou sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, wat meer vertel oor die tussenverkiesings.
16 Jun 3AM 1 min