
CAN bied gratis kanker-siftingstoetse aan
Loading player...
Die Kankervereniging van Namibië bied môre gratis papsmere, borsondersoeke en vinnige PSA-prostaatkankersifting aan by hul Hoofkantoor Mediese Sentrum in Windhoek-Wes. Dit geld net vir die eerste 100 vroue en 25 mans, op 'n eerste daar, eerste bedien-basis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die Kankervereniging se uitvoerende hoof.