
Koste van skade in Oos-Kaap moet nog beraam word
Loading player...
Die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, sê die koste van infrastruktuurskade tydens die onlangse vloede moet nog bepaal word. Honderde inwoners, veral in in Butterworth en Ngoma, is dakloos gelaat en word in tydelike skuilings gehuisves. Kragonderbrekings duur in verskeie distrikte voort. Mabuyane sê gekoordineerde tegniese reddingspanne is besig met herstel- en ontruimingspogings in die mees geteisterde gebiede: