Meer soldate in LA ontlpooi as wat in Irak dien

Loading player...
Daar is nou meer Amerikaanse troepe wat na Los Angeles ontplooi is as in Irak en Sirië saam, berig ABC News. Daar is 4 800 Nasionale Wag- en seesoldaat-personeel in die stad, vergeleke met die 2 500 troepe in Irak en 1 500 in Sirië. Los Angeles burgemeester Karen Bass het ook daarna tydens 'n perskonferensie verwys en sê die ontplooiing was nie nodig nie, weens die relatief klein betogings.
12 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Backyard Tenants wil Farm 37 fondse vir diens van erwe gebruik

Die stedelike ontwikkelingsministerie het 75 miljoen Namibiese dollar aan die Walvisbaai-munisipaliteit toegeken vir die ontwikkeling van Farm 37. Die burgemeester Trevino Forbes sê kritieke infrastruktuur sal ontwikkel word vir uitbreidings 1 tot 5 en 1 500 erwe sal ontwikkel word, ook met behuising. Die munisipaliteit teiken 60 persent voltooiing teen…
13 Jun 4AM 1 min

SA beplan biosekuriteitsraad vir BKS

Die Kabinet sê hy het vinnig opgetree teen 'n nuwe uitbreking van bek-en-klouseer, met inperkingsmaatreëls wat reeds in plek is. Die Departement van Landbou het meer as 900 000 dosisse entstof bestel, met die eerste besending wat binnekort verwag word. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê plase wat…
13 Jun 4AM 1 min

SA se moordsyfer hoër as Gaza

Action Society sê daar is verlede jaar meer as 26 000 moorde in Suid-Afrika gepleeg, wat meer is as die dodetal in nie Gaza-konflik. Die organisasie het die ‘Dekade van Verval’-veldtog bekendgestel om die stygende misdaad en die regering se mislukking om burgers te beskerm, te beklemtoon. Juanita du Preez…
13 Jun 3AM 1 min

Navo: Net 3 lande het destyds se 2% behaal

Navo-lede skarrel om 5 persent van BBP-besteding op verdediging te behaal, in aanloop tot sy groot vergadering later vandeesmaand. Die Russiese-dreigement het eenvoudig te groot geword en bestediging op verdediging het die afgelope dekades aan die agterspeen gesuig. Keith Kellogg, die Amerikaanse president se spesiale gesant vir Oekraïne het by…
13 Jun 3AM 1 min