Eletroniese afval word 'n bekommernis

Loading player...
Volgens die jongste nasionale e-afvalmonitor belemmer Namibië se beperkte kapasiteit om e-afval te monitor die vordering na 'n volhoubare, sirkulêre ekonomie. 'n Konsep nasionale beleid oor die bestuur van afval-elektriese en elektroniese toerusting is versoek. Die navorsing identifiseer uitdagings in e-afvalbestuur, soos 'n gebrek aan kwantifiseringsmetodologie en wetgewende prosesse. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jairus Kapenda, Cran se woordvoerder.
21 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Politieke verskuiwings raak beleggings, ook plaaslik

Tydens 'n strategiese beleggingsontbyt aangebied deur Old Mutual is gesprek gevoer oor hoe die globale politieke verskuiwings markte raak en dus ook plaaslike beleggings beïnvloed. Wikus Fourie, die hoof van Old Mutual Welvaart het meer oor wat onder die loep gekom het.
12 Jun 4AM 1 min

Koste van skade in Oos-Kaap moet nog beraam word

Die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, sê die koste van infrastruktuurskade tydens die onlangse vloede moet nog bepaal word. Honderde inwoners, veral in in Butterworth en Ngoma, is dakloos gelaat en word in tydelike skuilings gehuisves. Kragonderbrekings duur in verskeie distrikte voort. Mabuyane sê gekoordineerde tegniese reddingspanne is besig…
12 Jun 4AM 1 min

SA het 10 jaar om 7,4 werksgeleenthede te skep

Die ACDP-party sê die regering sal teen 2035, 7,4-miljoen werkgeleenthede moet skep om tred te hou met die groeiende arbeidsmag. Die party waarsku jeugwerkloosheid kan erger word as die regering nie in arbeidsintensiewe industrieë en vaardigheidsontwikkeling belê nie. Die adjunkpresident van die ACDP, Wayne Thring, vra vir beleggings in arbeidsintensiewe…
12 Jun 3AM 1 min

Meer soldate in LA ontlpooi as wat in Irak dien

Daar is nou meer Amerikaanse troepe wat na Los Angeles ontplooi is as in Irak en Sirië saam, berig ABC News. Daar is 4 800 Nasionale Wag- en seesoldaat-personeel in die stad, vergeleke met die 2 500 troepe in Irak en 1 500 in Sirië. Los Angeles burgemeester Karen Bass…
12 Jun 3AM 1 min

Ministerie sê oor oor-toerismeplan

Die uitvoerende direkteur in die omgewingsministerie Sikongo Haihambo het by die regering se inligtingsessie gesels oor kommer rakende oor-toerisme by verskeie sensitiewe gebiede, insluitend Etosha Nasionale Park en Sossusvlei terwyl ander gebiede in die land onderbenut is.
12 Jun 2AM 1 min