
Burgemeester verduidelik Walvisbaai-waterprobleme
Loading player...
Walvisbaai ondervind watertekorte wat die visbedryf ernstig beïnvloed. Verwerkingsaanlegte, soos Princess Brand Processing, meld dat hulle al twee weke lank nie genoeg water van die munisipaliteit ontvang nie, wat hul bedrywighede vertraag en finansiële verliese veroorsaak. Die munisipaliteit sê die probleem sal eers oor 60 dae opgelos wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Walvisbaai se burgemeester, Trevino Forbes gepraat.