
Krieket: Engeland se 'onfikse' vrouespan gaan les opsê
Loading player...
Die nuwe afrigter van Engeland se vrouespan, Charlotte Edwards, sê sy gaan volgende jaar minimum fiksheidstandaarde instel. Spelers se fiksheidsvlakke is gekritiseer tydens die nederlaag in die reeks om die As teen Australië, wat die vorige afrigter, Jon Lewis, sy pos gekos het en Heather Knight haar kapteinskap. Die span speel vandag in die eerste van drie T20s teen die Wes-Indiese Eilande, gevolg deur drie eendagwedstryde. Edwards sê hulle mik om beter te vaar in die reeks: