Belastingnuus vir suiker stroopsoet

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging verwelkom die minister van finansies, Enoch Godongwana, se besluit om nie die gesondheidsbevorderingsheffing, algemeen bekend as die suikerbelasting, in sy jongste begroting te verhoog nie. Die handhawing van die huidige koers vermy verdere skade aan werksgeleenthede in landelike gebiede in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die organisasie se voorsitter, Higgins Mdluli, sê die belasting het aansienlike skade veroorsaak sedert dit in 2018 ingestel is met 16 000 mense wat hul werk verloor het en 'n verlies van inkomste ter waarde van R2 miljard binne die eerste jaar:
21 May 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oranjemund, só werk doeane vir julle SA inkopies

Die Namibië Inkomsteagentskap, NamRA, het reageer op Oranjemund-inwoners se toenemende kommer oor die 16,5 persent doeane-belasting op kruideniersware en toiletware wat in die naburige Suid-Afrika aangekoop is. Inwoners van die dorp steek gereeld die grens oor om in Springbok inkopies te gaan doen, weens hul beperkte plaaslike kleinhandelopsies. Steven Ndorokaze,…
11 Jun 11AM 1 min

Skoolbus-bestuurder onder liggame gevind in Dikolinirivier-tragedie

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het bevestig die bestuurder van 'n skoolbus wat deur vloedwater meegesleur is, is onder die nege liggame wat vandag in die Dikolini-rivier in Mthatha gevind is. Die bevestigde getal sterftes uit die tragedie staan tans op vier. Die liggame van 'n kleuter en 'n beampte…
11 Jun 11AM 1 min

Boksbeheerraad, Faith Foundation haaks oor geveg

Drama broei in die plaaslike bokswêreld, met die Namibië Boksbeheerraad wat 'n geleentheid wat deur die Faith Foundation vir 14 Junie geskeduleer is, nie goedgekeur het nie. Die geveg sou die gewilde Harry Simon en Ninja teen mekaar in aksie sien. Volgens die beheerraad is daar nie 'n aansoek vir…
11 Jun 11AM 1 min

Okahandja-munisipaliteit weer in die spervuur

Die maatskaplike aktivis Sydney Gariseb het weereens klagtes oor die Okahandja munisipaliteit. Die gemeenskap gaan die naweek bymekaarkom om die kwessies te probeer aanspreek. Hierdie keer gaan dit oor die waardasie van huise en erwe in sekere woonbuurte. Gariseb verduidelik wat die probleem is.
11 Jun 11AM 1 min