
Hoop vir Musk se Starlink-drome
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die moontlikheid dat Elon Musk se Starlink na Suid-Afrika kom, is nie Woensdag tydens die ontmoeting met president Donald Trump van Amerika bespreek nie. Die regering beplan om wette oor plaaslike swart eienaarskap te omseil sodat die Starlink-internetdiens in die land gebruik kan word. Ramaphosa het aan die media gesê hulle moet ʼn omgewing skep wat gunstig is vir regstreekse buitelandse belegging in die land: