
Nanso wil skoolkinders help beskerm
Loading player...
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ‘n veldtog van stapel gestuur om die veiligheid van kinders by skole te verseker en geslagsgebaseerde geweld landwyd te takel. Dit volg ná ‘n vlaag moorde en aanvalle onlangs op leerders op Okahandja. Die veldtog, onder die vaandel #ProtectingTheNamibianChild, begin môre amptelik op dié dorp. Kosmos 94.1 Nuus het met nanso se woordvoerder, Jessy Abraham, gepraat.