Sokker: Mamelodi Sundowns, Pyramids in CAF-eindstryd

Loading player...
Mamelodi Sundowns en Pyramids van Egipte speel Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria teen mekaar in die eerste wedstryd van die CAF-Kampioeneliga-eindstryd. Sundowns, wat pas sy agtste agtereenvolgende Premierliga-kroon ingepalm het, mik na sy tweede Afrika-titel. Pyramids, wat in sy eerste eindstryd speel, kom voor 'n ervare Sundowns-span te staan wat Al Ahly in die halfeindronde geklop het. Die middelveldspeler Tashreeq Matthews het aan die media gesê Sundowns is gereed om te wen:
22 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Krieket: Proteas vol moed vir stryd teen Aussies

Die Proteas se aanvangskolwer, Aiden Markram, sê hulle is vol vertroue in aanloop tot die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap teen die huidige kampioen, Australië, wat Woensdag op Lord’s begin, al het Suid-Afrika ses maande laas ʼn toets gespeel. Markram sê hulle weet hoe belangrik dit is om goed te begin…
9 Jun 11AM 1 min

Erwe spotgoedkoop aan raadslede verkoop

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa sê hy het bewyse dat by een dorpsraad, wat hy nie wou noem nie, het raadslede erwe bekom vir so min as 5 Namibiese dollar net om dit teen ‘n reuse wins te verkoop. Sankwasa het op die Agenda-program van die Engelse dagblad…
9 Jun 10AM 1 min

Skole sonder voedselhulp, want mieliemeel te duur

Die onderwysministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuus dat ongeveer 224 skole het in die eerste ses maande van die jaar nog geen hulp van die Namibiese Skoolvoedingsprogram ontvang nie. Die voedingsprogram is in baie van dié skole die enigste maaltyd wat die kinders vir die dag…
9 Jun 10AM 1 min

Diamante verloor glans, prys onder druk

Die vraag na diamante en dus die prys van dié edelgesteendes sal na verwagting onder druk bly, sê Theo Klein van Oxford Economics in Kaapstad. Klein het reageer op Botswana se aankondiging dat produksie by sommige van Debswana se myne tydelik gestaak is in reaksie op ‘n afname in die…
9 Jun 9AM 1 min