
‘SA het ‘n probleem met landelike veiligheid’
Loading player...
Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika het ʼn probleem met landelike veiligheid. Hy sê kleinskaalse boere waarvan baie swart is, word lukraak geraak. Steenhuisen was Woensdag by die Withuis deel van die ontmoeting tussen president Cyril Ramaphosa en die Amerikaanse president Donald Trump. In reaksie op die video van die EFF-leier Julius Malema wat “Kill the Boer” dreunsing, het Steenhuisen gesê die DA se rol in die regering is om Suid-Afrika teen gewelddadige, ongrondwetlike groepe te beskerm: