Trump: ‘Sonder Amerika is G20 niks’

Loading player...
President Donald Trump sê die G20-leiersberaad wat in November in Johannesburg plaasvind, sal betekenisloos wees as Amerika nie deelneem nie. Hy het in April gesê daar kan nie verwag word dat hy die beraad bywoon terwyl die Suid-Afrikaanse regering volgens hom grond in wit besit onteien en die nasate van wit setlaars vervolg nie. Trump het Woensdag in die Withuis tydens sy gesprek met Ramaphosa gesê hy sal dit oorweeg om die geleentheid by te woon:
22 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Erwe spotgoedkoop aan raadslede verkoop

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa sê hy het bewyse dat by een dorpsraad, wat hy nie wou noem nie, het raadslede erwe bekom vir so min as 5 Namibiese dollar net om dit teen ‘n reuse wins te verkoop. Sankwasa het op die Agenda-program van die Engelse dagblad…
9 Jun 10AM 1 min

Skole sonder voedselhulp, want mieliemeel te duur

Die onderwysministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuus dat ongeveer 224 skole het in die eerste ses maande van die jaar nog geen hulp van die Namibiese Skoolvoedingsprogram ontvang nie. Die voedingsprogram is in baie van dié skole die enigste maaltyd wat die kinders vir die dag…
9 Jun 10AM 1 min

Diamante verloor glans, prys onder druk

Die vraag na diamante en dus die prys van dié edelgesteendes sal na verwagting onder druk bly, sê Theo Klein van Oxford Economics in Kaapstad. Klein het reageer op Botswana se aankondiging dat produksie by sommige van Debswana se myne tydelik gestaak is in reaksie op ‘n afname in die…
9 Jun 9AM 1 min

Lesotho se OG boos oor Koninklike Paleis

Die Ouditeur-generaal van Lesotho, Paul Letlela, het vertragings en wanbestuur van twee groot projekte gekritiseer. Die Koninklike Paleis wat binne drie jaar voltooi moes wees, is na berigte 15 jaar later steeds nie voltooi nie. Die Lesotho-elektrisiteitsonderneming is intussen ook onder die loep geneem en het dringende regstappe gedoen om…
9 Jun 9AM 1 min