
Entstof teen servikale kanker môre in Namibië
Loading player...
‘n Besending van die entstof teen die menslike papillomavirus, of HPV, kom môre op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aan. Dié entstof, ‘n verkryging van die regering, help om servikale kanker te voorkom. Die gesondheidsministerie sal besonderhede oor die veldtog bekendmaak, wat in samewerking met Unicef geskied. Kosmos 94.1 Nuus het met Walters Kamaya, die woordvoerder van die ministerie, gepraat.