
Oyo span kuns op Keetmans in
Loading player...
‘n Uitvoerende kunstefees vir die //Kharas-jeug, geborg deur Horizon Trust, vind vandeesweek plaas. Dit word gereël deur die Ombetja Yehinga-organisasie, Oyo, wat kuns inspan om ‘n kollig op maatskaplike kwessies te plaas. Dié groep het met die jeug op verskeie dorpe in die Suide gewerk en hulle gehelp om op Keetmanshoop vir die fees saam te trek. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Phillipe Talavera, direkteur van Oyo, gepraat.