
Cyril-Trump ontmoeting 'het mislukte beleidspunte blootgelê'
Loading player...
Die Instituut vir Rasseverhoudings sê president Cyril Ramaphosa se vergadering met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, het die toenemende koste van Suid-Afrika se mislukte beleidspunte blootgelê, wat beleggersvertroue en internasionale geloofwaardigheid skade berokken het. Gister se vergadering in die Withuis het hoofsaaklik op plaasmoorde gefokus, met Trump wat sy bewerings van volksmoord in Suid-Afrika herhaal het. Hermann Pretorius van die instituut sê die regering moet rasgegronde beleid beëindig: